Ons vier die sesde reeks met DIY met Riaan met die bekendstelling van ons nuwe webtuiste. Laat gaan jou ou idees en kom ons wys jou splinter nuwe maniere om jou huis, tuin en lewe te ontwikkel - sommer self en sommer maklik!
DIY of "Do It Yourself" beteken ons verduidelik vir jou enige iets - van hoe om rakke in jou huis op te sit tot hoe om 'n koi dam te bou. Alle areas word gedek, hoe om jou huis te maintain en te improve.
DIY projekte spaar jou geld want jy hoef nie iemand anders te betaal vir iets wat jy self kan doen nie.
En heel gereeld, kry jy beter resultate (want jy is immers die een wat daarmee moet saamleef), en dit verskaf vir jou meer genot en satisfaksie.
Die DIY Aanbieders
Riaan Garforth-Venter
DIY Spesialis, TV Persoonlikheid, Akteur, Regisseur en natuurlik Dans Kampioen! Riaan Venter is ’n bekende gesig in meer as 2 miljoen huishoudings. Met handige advies, kreatiewe oplossings en nuttige wenke is die nutsman altyd besig om nuwe idees tot perfekte eindprodukte te timmer.
Riaan en sy vrou Michelle het aan die begin van 2011 die eg Suid Afrikaanse groen program, Greenline, begin wat wys hoe om ‘n omgewingsvriendelike lewe te leef. Greenline is geskep om elke Suid Afrikaner op te voed oor hoe om 'n meer volhoubare en groener leefwyse te handhaaf.
Max Thongani
Mbukeli “Max” Thongani is n eg Suid-Afrikaanse verfkundige, maar hy is ook beter bekend as die linkerhand en tong-in-die-kies spanmaat van Riaan Venter soos gesien op die immergewilde televisiereeks – DIY Met Riaan.
Max betower Suid Afrikaanse gehore met sy natuurlike goeie temprament en hope grappies. Max is uiters bekwaam, nie net agter die skerms nie, maar ook voor die kamera lewer hy werk wat trots Suid Afrikaans is!
Omdat Riaan en Max aandring op goeie vakmanskap en kwaliteit produksies het hulle die gesig van DIY vir altyd verander!
